Utilizamos cookies propias y de terceros para mejorar nuestros servicios. Si continúa navegando, consideramos que acepta su uso. Puede obtener más información en nuestra política de cookies

VAN OERKNAL TOT OORBEVOLKING

VAN OERKNAL TOT OORBEVOLKING
Ficha técnica
Editorial:
SIEGFRIED ECKLEBEN
ISBN:
9789994571390
Idioma:
AFRIKÁANS
Formato:
EPUB
DRM:
Si
Tagus

3,99 €
Comprar

Van OERKNAL tot OORBEVOLKING bestaan uit twee onafhanklike dele:

Die eerste deel vertel die geskiedenis van die onstaan van die heelal in maklik verstaanbare vorm, deur ?n ooggetuie - naamlik Yog, ʼn kwark. Volgens die mees aanvaarde opvatting van die huidige wetenskap bestaan alles uit kwarks en elektrone, dus weet kwarks als oor alles. Hulle is sonder emosies en derhalwe absoluut objektief. Yog beskryf die onstaan van elementêre deeltjies, atome, materie, gaswolke, galaksies, sterre, planete, mane, komete en ander hemelliggame, tot by die planeet Aarde.

Die tweede deel handel oor die ontwikkeling van die mensdom en sy eienaardighede. Dit beskryf die evolusie van mensape tot aapmense en die huidige Homo sapiens, die moderne mens. Die oorsprong van kliektaal in Suider Afrika ? waarskynlik die moeder van alle tale ? word geskets. Dit blyk waarskynlik dat nie net die oorsprong van die lewe nie, maar ook die eerste wortels van die mensdom in Suider Afrika lê. Yog som die belangrikste verskille tussen mense en ander diere op, insluitend hulle abnormale seksuele gedrag. Dit vind dat die mensdom die evolusie deur tegnologie verbygesteek het en dat die grootste probleem op planeet Aarde teenswoordig die oorbevolking met mense is.

Die boek is bedoel vir nuuskierige ?mense soos jy en ek? van alle ouderdomsgroepe en bied vir hulle die onstaan van die heelal in maklik verstaanbare, kronologiese volgorde aan. Dit bevat geen formules, diagramme, sketse of voetnote nie, om die afskrikkende voorkoms van ʼn teksboek te vermy. Die teks word opgehelder deur spotprentagtige tekeninge.

Otros libros del autor

FROM BIGBANG TO OVERPOPULATION
Titulo del libro
FROM BIGBANG TO OVERPOPULATION
SIEGFRIED ECKLEBEN

3,99 €

VOM URKNALL ZUR ÜBERBEVÖLKERUNG
Titulo del libro
VOM URKNALL ZUR ÜBERBEVÖLKERUNG
SIEGFRIED ECKLEBEN

3,99 €